HIERDIE WEEK SE TEMA by PALET

Week 15: Plaasdiere
Om op ’n plaas te kuier is vir menigte volwassenes ’n soet herinnering uit hul
kinderjare. Al het ons kinders nie almal geleentheid vir plaas kuiers nie, bly dit een
ons ons geliefste temas by die kleuterskool. Bring hierdie week die plaas huis toe,
en laat ons so ’n liefde en dankbaarheid kweek by ons kinders vir die prosesse,
asook waar die eiers, melk, groente en soveel meer werklik vandaan kom. Lekker
kuier op die tuis plase!

LEERPROGRAMME
Die leerprogramme wat aangebied word is kundig uitgewerk per ouderdomsgroep. Dit begin altyd by grootmotoriese vaardighede en soos ons kinders se lyfies sterker word, bou ons op die fondamente met fynmotories- en kognitiewe vaardighede. Ons temas is doenbaar vir ouers uiteengesit om dit prakties en uitvoerbaar, in en om die huis, te implementeer.
Kleuterskool kinders moet alles konkreet beleef!!!
Ons programme is vol leer ervarings wat ons kinders 'n fantastiese grondslag gee. Dit is altyd verstommend hoe konkreet ons Juffrouens by Palet Kleuterskool vir ons maats dinge kan verduidelik dat hulle dit vir altyd onthou en inneem. Dit is 'n wonderlike fondasie en ons kinders kan dit daagliks geniet om speel-speel te leer.
- Leoni Webster
ONS KLASSE
Groen
Oranje
Geel
Turkoois
Blou
Kantoor
Koraal
Middag
Pers
Reënboog